Stories van Hoop
Jou skenking aan die Studietrust word 'n storie van hoop.
Jy help nie studente om te studeer nie – jy maak dit vir hulle moontlik om 'n voorspoedige toekoms te bou.
Jy verlig die swaar las van finansiële bekommernis, want met 'n rentevrye studielening kan studente voluit fokus op leer en groei. Jy gee vir hulle die kans om bo hul omstandighede uit te styg en die siklus van armoede te breek.
Wat jy hier sien, is nie net dankbare harte nie – dit is jongmense wat presteer en wat eendag self weer 'n lig vir ander gaan wees. Elke student het 'n droom, en elke mylpaal bring hulle 'n tree nader daaraan. By Helpende Hand bou ons saam! https://hh-studietrust.co.za/
Kontak ons gerus by [email protected] vir alle navrae.
Retha Steenkamp: [email protected]
Zoe Kemp: [email protected]