Geagte Helpende Hand
Hoe sê ‘n mamma ooit genoeg dankie vir die geleentheid wat julle vir my kind gegee het om te kon studeer en in ‘n fantastiese juffrou te verander?
Julle het haar die geleentheid gegee om haar drome te verwesenlik, om eendag te kan werk en ‘n verskil in die samelewing te maak. Vir hierdie ongelooflike voorreg sal ek julle altyd dankbaar wees.
Baie, baie dankie vir alles wat julle doen. Julle maak werklik ‘n verskil in mense se lewens.
Hierdie mamma sal julle ewig dankbaar wees.
Vriendelike groete
‘n Dankbare ma
In haar vrye tyd, skilder hierdie juffrou ongelooflike werk. Haar Godgegewe talent is besonders en haar kunswerke is ‘n aanwins vir jou huis of kantoor! Kontak haar gerus vir meer inligting: 083 218 5223.




