Mpumalanga KZN-Noord Streek_BlouTransp-01

MPUMALANGA- en KZN-NOORD-STREEK

Mpumalanga KZN-Noord Streek_BlouTransp-01

MPUMALANGA- en KZN-NOORD-STREEK

Spanfotok

Ons streek bestaan uit ʼn saamwerkspan met ʼn hart vir hoop en ʼn visie om saam ʼn wesenlike verskil te maak deur hoop te skep vir die toekoms. Ons het omgeeharte en is taakgerig, gedrewe en passievol. Ons vestig takke, ontgin gemeenskappe en bied ondersteuning aan Ons Winkels deur die hele streek.

Mpumalanga- en KwaZulu-Natal-Noord-streek se span sluit ʼn streeksorganiseerder, Annemarie van Heerden, en assistent- streeksorganiseerder, Melissa Nel, in. Daphne Kleinhans is ons kliëntediensbeampte en Chris-Mari du Preez ons administratiewe beampte; saam sorg hulle dat die streek op administratiewe vlak floreer. Ons streeks- maatskaplike werker Marla Louw, sorg vir maatskaplik gebaseerde gemeenskapsontwikkeling en hanteer aansoeke deur hulp te bied uit die Helpende Hand-netwerk, deur bronne te ontgin of deur verwysings.

Hierdie streek is bevoorreg dat Ons Plek Volksrust reeds ʼn gevestigde instelling is. Eldrike Geldenhuys is die bestuurder en haar span voorloper-onderwyseresse is Carla Joubert, Laurissa Hammond en Meanet Rothman. Vir almal van hulle is ons kleuters en naskoolkinders uiters belangrik, en hulle sorg vir fisiese, geestelike en emosionele versorging.

Ons streek bestaan uit 31 takke, 9 dorpsverteenwoordigers en 18 Ons Winkels. Ons fokus op die weerloses in die gemeenskap: ouer persone, persone met gestremdhede, kinders en gesinne. Ons glo opleiding is die sleutel tot selfontwikkeling en ons streef daarna om kinders te aktiveer met #mensiemoed.

 

Ontmoet ons personeel

Annemarie_Individueel02

Annemarie van Heerden

Streeksorganiseerder
[email protected]

082 829 2546
Melissa_Individueel02

Melissa Nel

Assistent Streekorganiseerder
[email protected]

072 660 7345
Marla_Individueel

Marla Louw

Maatskaplike Werker
[email protected]

084 913 0349
WhatsApp Image 2022-10-27 at 08.02.19

Eldrike Geldenhuys

Bestuurder: Ons Plek Volksrust
Chris-Mari_Individueel02

Chris-Mari

Streek Administratiewe Beampte
[email protected]

072 180 2175
Daphne_individueel

Daphne Kleinhans

Kliëntediensbeampte: Takke Ondersteuning
[email protected]

084 446 6713

Wat in ons streek gebeur

WhatsApp Image 2023-11-07 at 10.16.31 (1) (002)
WhatsApp Image 2023-11-03 at 09.46.11

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Annemarie van Heerden

Kalender

Skenk by jou naaste Ons Winkel

Untitled-1