Ons streek bestaan uit 'n saamwerkspan met 'n hart vir hoop en 'n visie om saam 'n wesenlike verskil te maak deur hoop te skep vir die toekoms. Ons het omgeeharte en is taakgerig, gedrewe en passievol. Ons vestig takke, ontgin gemeenskappe en bied ondersteuning aan Ons Winkels deur die hele streek.
Mpumalanga-Hoëveld en KZN Sentraal se span bestaan uit die volgende personeel:
Streeksorganiseerder: Retha Steenkamp
Assistentstreeksorganiseerder: Zoë Kemp
Streeks- maatskaplike werker: Maruné van Vreden
Streeks- administratiewe beampte: Melissa Nel
Ons Winkel-areabestuurder: Michelle Viljoen
Ons Plek Volksrust-bestuurder: Eldrike Geldenhuys
Ons Plek Kleinfontein-bestuurder: Carlene du Toit
Ons ondersteun maatskaplike ontwikkeling in gemeenskappe en hanteer aansoeke om hulp van die Helpende Hand-netwerk deur bronne te ontgin of met verwysings.
Hierdie streek is bevoorreg dat Ons Plek Volksrust reeds 'n gevestigde instelling is. Eldrike Geldenhuys is die bestuurder en haar span voorloper-onderwyseresse is Carla Watermeyer, Unè Parsons, Theresa Joubert en Chrismari Bester. Vir almal van hulle is ons kleuters en naskoolkinders uiters belangrik, en hulle sorg vir fisiese, geestelike en emosionele versorging.
Ook het Ons Plek Kleinfontein in 2025 geopen en Carlene du Toit is die sentrumbestuurder. Haar taakspan bestaan uit Juanita van Staden, Joey Liebenberg, Hannelie Boshoff en Sunel Pienaar as kok/assistent.
Ons streek bestaan uit 15 takke, 9 dorpsverteenwoordigers en 13 Ons Winkels. Ons fokus op die weerloses in die gemeenskap: ouer persone, persone met gestremdhede, kinders en gesinne. Ons glo opleiding is die sleutel tot selfontwikkeling en ons streef daarna om kinders te aktiveer.
Stories van Hoop
Jou skenking aan die Studietrust word 'n storie van hoop.
Jy help nie studente om te studeer nie – jy maak dit vir hulle moontlik om 'n voorspoedige toekoms te bou.
Jy verlig die swaar las van finansiële bekommernis, want met 'n rentevrye studielening kan studente voluit fokus op leer en groei. Jy gee vir hulle die kans om bo hul omstandighede uit te styg en die siklus van armoede te breek.
Nuus vanuit ons streek
-
Goeie co-parenting beteken nie dat julle oor alles hoef saam te stem of beste vriende hoef te wees nie.
-
Hoe sê ‘n mamma ooit genoeg dankie vir die geleentheid wat julle vir my kind gegee het om te kon studeer en in ‘n fantastiese juffrou te verander?
-
My naam is Zelné van Zyl. Ek is twintig jaar oud, woon in Bethal, Mpumalanga en is die jongste van drie kinders en die enigste dogter. Ek is tans ‘n tweedejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit en studeer vir ‘n BEd-graad in Senior Fase en VOO. Ek het in Januarie 2025 as ‘n studentonderwyseres by Jim van…
-
Egskeiding is nie net die beëindiging van ‘n huwelik nie; dit is dikwels ‘n verlieservaring wat die hele gesin raak. Vanuit ‘n maatskaplike werker se perspektief sien ons gereeld dat egskeiding gepaard gaan met trauma, veral wanneer daar konflik, onsekerheid, finansiële spanning of verandering in gesinsdinamika betrokke is. Trauma hoef nie altyd uit ‘n enkele…
-
In ‘n wêreld waar baie kinders daagliks uitdagings soos trauma, angs en konsentrasieprobleme beleef, raak praktiese ondersteuning al hoe belangriker. Hierdie behoefte het gelei tot die ontstaan van die sensoriese reguleringsbokse – ‘n eenvoudige maar kragtige hulpmiddel om leerders in die grondslagfase te ondersteun.
-
In byna ‘n dekade van Ons Spreekkamer het die Here se genade gegroei oor elke aspek van hierdie projek. Dit het begin in ‘n dorre tyd in Witbank toe daar geen hoop was vir sommige mense wat deur die Highveld Steel and Vanadium-afleggings geraak is nie. Mediese fondse het skielik tot stilstand gekom, en bejaardes en kinders kon nie by dokters uitkom nie. Uit hierdie hartsprojek het hoop gevloei, nie net vir nou nie, maar vir ‘n toekoms waarin hulp gebied word aan ons nageslagte.
-
Gebore uit ‘n warboel van idees, neergepen en rondgegooi, het een behoefte duidelik uitgestaan: ons kinders se welstand. Dit is so nodig dat ons luister en help.
Maak 'n bydrae
OF
PayFast:
Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie
Kalender
Mpumalanga-Hoëveld en KZN Sentraal
Skenk by jou naaste Ons Winkel
Ons Spreekkamer Carolina - 063 152 7633